Oor ons

Sedert inkorporasie is Kriek Wassenaar & Venter Ing se fokus die bou van 'n kwaliteit-  en waardegebaseerde  besigheid tot voordeel van ons kliënte. 

Kriek Wassenaar & Venter Ing is 'n gevestigde firma in die ooste van Pretoria, wat hulself toespits op uitstekende dienslewering en probleemoplossing vir al hul kliënte. Die firma vind sy energie in die kwaliteit van sy werknemers en die passie van sy prokureurs.

Deurdat die firma homself as 'n boetiek-prokureursfirma in Pretoria gevestig het, geniet sy kliënte direkte en persoonlike dienslewering wat byna onbekend in die Pretoria -regsprofessie begin raak het. Met die diversiteit van sy direkteure se velde van kennis, is Kriek Wassenaar & Venter Ing 'n firma wat op byna alle regsvelde hul kliënte kan bystaan. Omdat kwaliteit diens bo omset geplaas word, geniet elke saak die ondersteuning van ons toegewyde en kundige prokureurs

Johan Kriek
Director
Peter Wassenaar
Director

© KRIEK WASSENAAR & VENTER INC  2015